SUKSES IN  NETWERKBEMARKING (MLM)

 

SUKSES IN  NETWERKBEMARKING (MLM)

PERSEPSIES!

Dit is algemene kennis dat Netwerkbemarking ’n slegte naam gekry het deurdat  mense die  “PIRAMIDE” beginsel vir hulle eie voordeel, en ten koste van ander, misbruik het. 

Om hierdie PERSEPSIE en bose kringloop te verbreek beteken dat die situasie deeglik geëvalueer moet word. 

Een van die Hoofredes vir die toedrag van sake is dat mense ONINGELIG is.  Dit wat hulle van die onderwerp weet en geleer het, het van ander oningeligte mense gekom.  Wat gebeur wanneer een onkundige / onopgeleide ’n ander probeer leer? Of is die spreekwoord waar: IN DIE LAND VAN DIE BLINDES IS EENOOG KONING!

PIRAMIDE BEGINSEL.

Laat ons begin deur te kyk na HOE lyk ’n PIRAMIDE STRUKTUUR.
Elke GROOT organisasie in die Wêreld is gebaseer op die Piramide struktuur. 

 Besturende Direkteur
Direkteure/Direkteure/Direkteure
Bestuurders/Bestuurders/Bestuurders
Afdelingshoofde/Afdelingshoofde/Afdelingshoofde
Toesighouers/Toesighouers/Toesighouers/Toesighouers
Werkers/Werkers/Werkers/Werkers/Werkers/Werkers/Werkers

Kyk na ons weermag as nog 'n voorbeeld.

Die generaal met die kolonelle onder hom, en die majore onder hulle, en die kapteins onder hulle, ens. tot ons by die gewone troepe kom.

Die Staatsdiens en alle ander groot besighede het dieselfde struktuur.
Hierdie struktuur is noodsaaklik sodat daar orde en effektiewe kommunikasie kan wees.

Is ’n Miramide struktuur nou SLEG???  Meeste van ons werk by sulke plekke!


Terwille van hierdie bespreking sal ons onderskei tussen Piramide strukture en Piramideskemas(Scams)

Piramide skemas(Scams)
 is onwettig!

Dit is gebaseer op die veronderstelling dat jy mense moet werf wat ’n fooi moet betaal waarvan jy dan weer ‘n gedeelte as vergoeding ontvang.  Daar is gewoonlik geen PRODUK of DIENS ter sprake nie, of indien daar wel ’n produk is, is dit minderwaardig of van geen nut nie.

Slegs die wat eerste inklim kry vergoeding (TEN KOSTE VAN DIE ANDER) en die laastes verloor dan alles.
Netwerk bemarking daarenteen, is wettig en is die nuwe era van die moderne ekonomie. Netwerk bemarking is ook op die piramide struktuur gebaseer, maar dit is nie 'n piramide skema nie.  Daar is gewoonlik nie ’n intreefooi of ledegeld ter sprake nie. Daar is ’n goeie kwaliteit produk teen markverwante pryse wat deur die lede aangekoop word. ’n Kommissie word dan op hierdie verkope betaal wat as vergoeding in die struktuur verdeel word.

Die ORGANISASIE kan nie platval nie omdat daar bruikbare kwaliteit produkte ter sprake is.  Daar sal dan ook altyd nuwe lede toetree soos wat die Produk of diens benodig word.

 Netwerk bemarking is 'n tipe van Franschising, behalwe dat jy hoef nie 'n miljoen rand uit te haal om te kan begin nie. Jy hoef ook nie 'n perseel, of werknemers, of enige ander "overheads" te hê nie, en jy kan meer maak as uit 'n Franschise uit.

Hoekom ’n besigheid begin?

Daar is verskillende redes hoekom mense ’n Besigheid begin, maar almal is in besigheid om ’n INKOMSTE te verkry. 
Jy wil en moet betaal word.

Om betaling te ontvang moet jy ’n diens lewer.  Die betaling sal dus in ooreenstemming wees met die diens wat jy lewer.
Daar is verskillende maniere om besigheid te doen. (Die gewone Winkel of Apteek, Posbestelling, Internet, ens.) Netwerk bemarking is ook ’n manier om ’n besigheid te bedryf. 

Kom ons verduidelik dit so:  Die Kontrakteur kan ’n sloot self grawe of hy kan ‘n klomp werkers huur, of ’n Masjien gebruik.  Die resultaat is dieselfde.   Daar is ‘n sloot, Watter een van die opsies is nou die beste? 
Wanneer jy ‘n besigheid wil begin, moet jyself besluit watter metode vir jou aanvaarbaar is.  Jy kan egter nie ‘n goeie keuse maak voordat jy nie deeglik ingelig is nie.  Ek kan tog nie ’n vrag tuingrond oor die Internet aflewer nie!   Ek kan egter my dienste oor die Internet adverteer en mense kan hulle bestellings oor die Internet plaas. My vragmotors sal nou die tuingrond by hulle huis gaan afgelewer.


Tyd en Vermoeë.
Ons almal het hierdie beperking. Ons kan slegs soveel binne ’n uur doen en ons kan slegs op EEN plek op ’n sekere tyd wees.


Netwerkbemarking bied ’n oplossing vir hierdie probleem en floreer op twee  kragtige beginsels.

*   Korporatiewe- of  spanwerk

*   Duplisering / Vermenigvuldiging.

Spanwerk.


Organisasies soos Coca Cola, McDonalds, KFC, ens. het ‘n resep ontwikkel wat dwars oor die Wêreld dieselfde resultaat lewer.  Hulle bemark hierdie resep en help baie klein sakemanne om suksesvol te wees.

Die GEHEIM: Netwerkbemarking wat ’n Handelsnaam aan elke Agent of Individu  bied. Die Hoofkantoor het slegs die resep aan iemand verkoop, maar sien toe dat dit PRESIES toegepas word, maar die Agent is suksesvol en word vir sy dienste betaal.   Kry die regte resep!

Duplisering.
Die resep werk oral dieselfde. Jy doen moeite om alles te leer en dan oor te dra aan jou sleutel mense. Jy HELP en motiveer hulle totdat hulle alles soos jy kan doen (Jy DUPLISEER jouself)

Werk eenmaal, maar word herhaaldelik betaal
!
Het jy al gehoor van die 1 sent wat meer as 5 Miljoen Rand binne 30 dae word?  Indien jy dit elke dag verdubbel is dit R5,368,709.12 na 30 dae.

Die krag van duplisering!

Netwerkbemarking (MLM)
Indien jy bogenoemde twee kragte verstaan, sal jy die POTENSIAAL van Netwerkbemarking, insien.  Net soos jou netwerk groei, groei jou inkomste ook.

Daar is geen ander tipe besigheid wat hiermee kan kompeteer nie.


Die vraag is eintlik nie Netwerkbemarking of nie Netwerkbemarking nie, maar watter is Goeie Firmas.

Om die kaf van die koring te skei en die regte Firma te kies, is daar ’n paar faktore waarna gekyk moet word.


Aanbeveling.


Meeste mense het met Netwerkbemarking in aanraking gekom deurdat ’n vriend of familielid hulle voorgestel het. Sou jy die geleentheid benut het indien dit iemand anders was? Dit moet nooit jou beweegrede wees nie.  Dit is noodsaaklik dat jy, voordat jy aansluit, eers ’n PERSOONLIKE ondersoek moet doen.


Motiewe.

Dit is belangrik dat jy jouself sal ondersoek en bepaal wat jou motiewe, behoeftes, belangstellings en aanlegte is. Indien jy suksesvol in enige beroep of saak wil wees, moet jy ’n PASSIE daarvoor hê.  Wanneer dit jou LIEFDE is, sal jy suksesvol wees en is dit nie WERK nie. Daar is dan geen gebrek aan Motivering nie.

Die firma.


Gaan die Firma na en maak seker van die volgende:

*           Waar is hulle kantore? 
*           Is dit hulle eiendom of huur hulle dit?
*           Hoe lank is hulle in besigheid?
*           Hoe beantwoord hulle oproepe en navrae?
*           Hoe lyk hulle Betaalplan?
*           Betaal hulle op datum?
*           Hoe belangrik is Jy vir hulle?
*           Word hulle algemeen gerespekteer?

Integriteit van die Firma is uiters belangrik, maar ook die van jou HANTEERDER en dan ook JYSELF.  Jy sal self ook ’n hanteerder word en met mense onder jou moet werk.


 

Produkte.

 

Die Produkte is net so belangrik as die Firma self. Sonder produkte of met minderwaardige produkte, is dit net ’n “Rip-off” Piramide en kan dit nie stand hou nie.  Jy sal alles en selfs jou GOEIE naam ook, verloor.  Die Produkte verseker die bestaansreg van die besigheid.

Let op die volgende:

*           Is dit goeie kwaliteit produkte?
*           Is daar ’n goeie MARK of aanvraag voor?
*           Is die Prys reg of kan jy dieselfde produkte oral teen beter pryse koop? 
*           Kan en wil jy self die produkte gebruik?

*           Bied die produkte voordele vir jouself, jou vriende en jou kliënte?

Agente en Hanteerders

Dit is wenslik dat jy jou Agent, aan wie jy moet rapporteer, sal verstaan.  Hierdie persoon kan vir jou ’n groot bate wees, maar kan ook jou besigheid baie strem.  Onthou dit is JOU BESIGHEID.  Is jou Agent toeganklik en bereikbaar?  Kan hy jou navrae beantwoord?  Kan hy die nodige opleiding en ondersteuning bied?

Jy het met die besigheid begin om dit te laat slaag.  Jy sal moontlik vir Jare met hierdie Persoon moet saam loop.

Opleiding.

Netwerkbemarking is een van die Maklikste besighede om te begin en suksesvol deur te voer.  Gewoonlik is dit so ontwerp dat jy slegs die bestaande konsep dupliseer. DUPLISERING!  Dit is nie nodig dat die WIEL weer ontwerp moet word nie.  Dupliseer slegs die program!

Hier is dit nodig dat jy deeglik opgelei moet word.  Vind uit of daar Video’s, Kassette, ander Lektuur, opleidingsessies of Konferensies aangebied word.  Dit help egter nie dat dit beskikbaar is, maar jy nie daarvan gebruik maak nie.  Dit is ook noodsaaklik dat jy op hoogte sal bly met Marktendense en dat jy jouself op hoogte met Reklame sal hou. Dit bly egter noodsaaklik dat jy die Produkte sal ken en gebruik sodat jy eerstehands jou vriende en kliënte kan inlig.

Toewyding (Commitment)

Daar bestaan nie ’n Towerformule waarvolgens jy oornag R100,000.00 kan verdien nie.  Die algemene stelling ”Get rich quick” bestaan nie in die Wêreld nie.  Daar is suksesvolle mense wat per geleentheid op die regte tyd op die regte plek was, maar ook hulle sal vir jou vertel dat slegs Toewyding en Werk ’n verskil maak.  Dit neem tyd om ’n Netwerk te vestig en op te lei.

Baie mense beskou “Ekstra Inkomste” as ’n deeltydse werkie en is nie toegewy daaraan nie. Hulle betaal min om in te kom en …… indien hulle nie slaag nie….. het hulle min verloor.   Indien jy ernstig is oor jou FINANSIES en EKSTRA INKOMSTE, sal jy dit net so toegewyd as jou werk aanpak en kan jy nie faal nie.

Die Engelse woord “COMMITMENT” sê alles.  Jy doen dit omdat jy nie daarvan Los kan kom nie!

Doelwit  (Target)


Indien jy die regte Firma, Produk, Opleiding en Kollegas (Agent) gekry het, is dit nodig dat jy Doelwitte daar sal stel en selfdissipline aan die dag sal lê. Daar is nie ’n BAAS wat agter jou gaan kyk nie.  Om suksesvol te wees, moet jy realistiese doelwitte stel en dit navolg.      Gee jouself genoeg tyd… sê ses maande tot ’n jaar om te bewys.


Slotsom:

·                    Wees ingelig en onderskei tussen Netwerkbemarking (MLM) en Piramide skemas.
·                    Vind jou belangstelling en liefde en MAAK GELD.
·                   
Benut jou TYD en word Finansieel onafhanklik.
·                   
Onthou, dit neem tyd om ’n besigheid op te bou.

NS:  Dit is als oor houding en toewyding. Daar is 'n sekere persoon wat alles waaraan hy/sy raak in sukses omskep. Is dit nie dalk jy nie?Lastly:

Enige vrae stuur e-pos aan Billy by: e-pos
: moneysa@ananzi.co.za